Tuis
Ontmoet die span
Produkte
Kursusse
Breinskerpsels
Terugvoer
Kontak

Ons kursusse

Wat bied merke.gereed.weet! u en u kind?

merke.gereed.weet! bied u en die kind 'n geleentheid tot akademiese vryheid. Die kind leer homself ken asook hoe sy brein funksioneer. Hierop gebaseer, leer hy 'n reeks studiemetodes en memoriseringstegnieke onder toesig van die fasiliteerder aan.

merke.gereed.weet! bied verskeie kursusse aan:

1. KURSUS VIR OUER EN KIND:

Die volgende aspekte word in die kursus behandel:

  1. Elke kind se unieke breindominansie.
  2. Ontdekking van die kind se voorkeur-modaliteit, m.a.w. watter sintuig funksioneer die sterkste?
  3. Ontdekking van die kind se intelligensies en die invloed daarvan op leer.
  4. Ontdekking van die werking van brein-neurone.
  5. Die wêreld van die geheue; vaardighede om dit te verbeter.
  6. Die praktyk van studie, strategieë en metodes vir die res van die kind se studieloopbaan.
  7. Ontdekking van die waarde van tydbestuur, beplanning, doelwitstelling en konkrete evaluering.
  8. Verskeie studiemetodes wat vir die kind se breinprofiel sal werk.
  9. Ontdekking en inoefening van verskillende memoriseringsmetodes.
  10. Ontdekking van die invloed van emosies en selfbeeld op studie.

Bogenoemde kursus is in modules verdeel en in 'n eenheid vervat. Modules kan met uitsondering as 'n enkeleenheid aangekoop word, alhoewel dit die skrywers se uitsluitlike filosofie is dat die ouer/voog/au pair/toesigpersoneel die opleiding saam met die kind ondergaan. Skakel ons vir navrae of gesprek in die verband.

2. KURSUS VIR ONDERWYSERS:

Die huidige SA skole-konteks toon 'n groot behoefte aan heropleiding en in sommige gevalle, die opleiding van die onderwyserskorps. merke.gereed.weet! beskik oor 'n span kundige, maar ook entoesiastiese personeel wat self daagliks met die uitdagings van die onderwys te make het.

Dit is hulle strewe om die onderwysmag van SA te op te lei in die gebruik van 'n reeks kreatiewe metodes wat die lesinhoud se assimilering verhoog omdat meer intelligensies by die gebruik daarvan aangespreek word. Hierdie kursus, wat by u skool aangebied word, is baie prakties van aard en integreer die studiemetodiek asook die kreatiewe aspekte in 'n bruikbare kursus vir gr. 4- gr. 7-personeel.

Aspekte soos die werking van die kind en personeellid se brein, die metode van lesaanbieding, die klaskamer as studie-omgewing en onderrig met studie en memotisering as eindproduk, word in die kursus behandel. Vir meer inligting, skakel 'n aanbieder in jou omgewing.