is 'n studie-ondersteuningsmaatskappy wat hom daarop toespits om die kind te begelei en te onderrig in 'n unieke persoonlike studiemetodestyl wat eie tot die individu is.
By glo ons aan 'n kleingroepbenadering om te verseker dat elke kind verstaan wat die werk en tegnieke behels. Hier word ouer/voog/au pair en kind saam opgelei.
By word elke leerder sorgvuldig geƫvalueer en word hulle dan aan verskeie studiemetodes bekend gestel. Die metode wat die beste by die individu se brein- en leerprofiel pas, word dan ontwikkel en gebruik om akademies te presteer.
Hierdie baie praktiese ervaring rus die leerder toe om onafhanklik te studeer en kan vanaf gr. 4 en selfs na gr. 12 toegepas word.
is ook verbind tot opvolg en nasorg deur middel van persoonlike kontak en 'n ondersteunende stel e-posse wat weekliks aan die leerders gestuur word wat die kursus voltooi het.