Tuis
Ontmoet die span
Produkte
Kursusse
Breinskerpsels
Terugvoer
Kontak

Terugvoer

Terugvoer van Mammas en Kinders

"Ek het die geleentheid gekry om onder jou liefdevolle leiding my kinders beter te leer ken – nie net oor watter studiemetodes die beste is nie, maar ook oor hulle persoonlikhede! Ek het die kursus baie positief ervaar! Jy bied dit baie duidelik aan en maak seker ons weet wat aangaan, en die materiaal wat ons gekry het is uitstekend! Dankie vir die heerlike breke! Dankie vir jou moeite!"
Roelien - Ma

"Dit was baie goed om my raad en gedagtes oor studiemetodes vir my kind uit ‘n buitestaander se mond te hoor – dan luister hulle mos! Ons het baie metodes bygeleer, en die selfkennis was wonderlik maar ook noodsaaklik vir my kind. Ek glo van harte dat my kind die metodes sal toepas wat by haar profiel en persoonlikheid pas. Jy het ma en kind ewe veel betrek in oplossings en alles is ingeoefen en getoets om seker te maak die kind begryp die metode. Die inligting is interessant, lewendig en goed oorgedra."
Terba - Ma

"Die verskillende modaliteite – visueel, ouditief en kinesteties – was vir my baie goed; ook die verskillende studiemetodes en hoe kinders kan verskil en dan verskillend leer. Die kursus was ongelooflik leersaam en ek het baie van myself en my kind(ers) geleer. Ek dink dit is uitstekend!"
Christa - Ma

"Dat die Tannie so mooi verduidelik het."
Neels - Gr.8

"Dit is vir my baie sinvol dat die geheelprentjie rondom die werking van die brein aan die kind verduidelik word. Ek hou ook van die proses wat gevolg word sodat die kind homself beter kan leer ken en verstaan hoekom hy op ‘n sekere manier dink en doen. Die feit dat die kind self kan besluit watter studiemetode vir hom werk, is vir my positief, m.a.w. dit is vir my goed dat hy nie net aan een metode blootgestel word nie."
Colette - Ma